Grootoog son weef goudbrokaat
om Kaalvoetkind se wonderwoning.
Sprokieswêreld sonder maat
bied nimmereindigend beloning.
Silwer son wat suutjies naak,
hoe dúrf jy swyg of selfs net fluister?
Towerfee (of eenoog draak?),
jy kul die kind met terugkeer luister.
Sekelmaan se heimatbaan
volg Kaalvoetkind met rappe huppel
wyl sy slaapslap lyf gedaan
wil opkrul soos 'n waterdruppel.
Donkermaan, jou dubbel dood
is ook van nul en gener waarde,
want jou sterbestrooide moot
herskep nie kinders op die aarde.
*
Wek die nag se koue hand
verdwaalde geeste van verlange
stap ek oor die sterstofstrand
en treur oor Kaalvoetkind vergange.
Eb en vloed van emosionele getye, altyd binne die baan van sonlig-weerkaats ... Terwyl die ware Son binne die hart die tuiste van die Kaalvoetkind beveilig, treur die binnekind oor sy onvermoë om die kinderjare te herskep.
Pragtige woorde, Jaco! Jy skryf sooooooooo mooi!
Edengroete
Myra
@>-->>-------