(vir Madonna Lisa di Antonia Maria Gerhardini)
daar huiwer dan jou wese
aan die kunstenaar se kwas
die mededoë van jou oë
vang hom vir ewig vas
versigtig! maan sy vingers hom
skep slegs'n sweempie skaduwee
om sَ die veemde Vrede weer te gee ...
jou mondhoeke bly stram
hy word vermoei deur sy groot taak
maar jy - Madonna Lisa di Antonia - ontwaak:
'n diepe deernis én Die Glimlag
het stil-stil jou gesig versag
From what I can understand, this is a poem about a woman writing poetry in her travels. I am probably taking it in a literal sence.
Ek was heel verstom om te sien presies hoe klein die kunswerkie rerig is en tog tref daardie amperse glimlag jou soos 'n hou en volg haar oë jou waar jy ookal staan. 'n Goeie gedig.