HIERDIE ROOS

Kyk die Koninklike; hierdie Roos

Koningin van Koninginne:

hierdie teenstryd van emosie

teerheid en hartstog gekring

rondom die stam van hunkering

en van drome



Kyk die Romanse; hierdie Roos

Gedig van Gedigte:

hierdie ewigdurende liefde gebore

te midde van die kruisigende doring

luister na haar geurige gesprek

na die ritme wat sy wek



Kyk die Belofte; hierdie Roos

Uitnodiging van Uitnodigings:

hierdie geheimsinnige seël van siele

wat ontvou sonder roering

gevange deur die betowering

van suiwere verbeelding



Kyk die Koninklike; hierdie Roos

betree die Koninkryk

van haar hart


Author's Notes/Comments: 

Die Roos as simbool van Vroulike Volkomenheid ...

View myrataal's Full Portfolio
tags: