HAIKOE: SEISOENE

lente is nou hier

maar in vannag se stilte

voer herfs sy gesprek



in die helder lig

draai sonneblom sy kop

goud om brons gesig



herfsblaar-gesproke

bind oker boomgedagtes

kleur-lettergrepe



swartwit winterskets

die kaalbasboom herskryf hom

in sy muurskadu


Author's Notes/Comments: 

Die haikoe se gestroopte gesprek is vir my die vingeroefeninge van kosmos-musiek

View myrataal's Full Portfolio