KINDWEES VERKLANK

(vir Talita)



My kind

as jy stap klingel klein klokkies

fyn wit klankies

wat sag rinkel ... rinkel

totdat 'n silwer sirkel

môre, die blink kristal, omkring



Stap nog:

dat ek my gisterjare

soos glaskraaltjies

kan hoor klink -

met die swaai

van jou fraai rokkies

Author's Notes/Comments: 

... die soet klank van onskuld ...

View myrataal's Full Portfolio
tags: