HAIKOE: STILTE en SKOONHEID

stilte - die spreekwoord

van die Groot Swygsame -

skuil agter stemme



varkore kan hoor

hoe modder skoonheid fluister

luister jy nou ook



'n skoenlapper reis

alleen - skoonheid is sy

metgesel



brose bewertjie

met jou papie-segmente

stilte jou vlinder?



slierte mis in mei

die seebriesie sluip verby

akkerblaar-stilte

Author's Notes/Comments: 

.... Stilte spreek luid ... veral van Skoonheid

View myrataal's Full Portfolio