O kon ek maar...

O kon ek maar drome transformeer

tot tasbare werklikheid

sou ek jou wenswêrelde optower

met kinderlike vlyt.



O kon ek maar stilte kondenseer

tot veelstemmige simfonie

sou jou hart en myne verenig

in polsende harmonie.



O kon ek maar trane kristalliseer

tot sprankelende diamant

sou ek jou swaarkry myne maak,

myne vol reënboog sand.

Author's Notes/Comments: 

Hierdie gedig is in die eerste plek vir my gesin - sonder julle kon ek dit nie tot hier maak nie.

View roosblaar_drinkwater's Full Portfolio
tags: