Jarelange vreugdes hoort soos ou vriende
met sagte oë 'n skans om my siel te sluit
teen die donderende ontnugtering van siende
blinde selfbedrog
maar die breekwater word die rotsvloer
waarteen my siel se branders skuimende
wit duiwe met paniekbevange gekoer
hemelwaarts dryf
in die hoop dat my wanhopige bede
deur die koue uitspansel sal soek
na 'n rede
om aan te bly...
'n bitter pil wat lyding staak maar hartseer skep
soos paddevissies in 'n kind se net