Eggo

EGGO



so kَrt kortstondig goddelik



word resoneer onmiddellik

aanbiddelik

word groet  - die sku saluut

van hoopvolles -

dawerend afwagtend



verwonderd waaier palms oop

hande word oë

oë word hande

Babelende sinne

- grofgeskryf en grys geberg

teen lakens van die lug

gewyd en blou -

vertaal mekaar





ruheid refrein versugting

takel ... temper ... stroop

die holkrans hou herhaal gereed

roepwoord soek sy weerwoord

in die windglip van sy teug



voordat die oor hoor

het die Stilte reeds gesing

ja, bokant die verraderlike hart

mag sange sonder weerstande

luglangs loop



myra

31 Januarie 2003

Author's Notes/Comments: 

As ons na die Berge kyk, en hulle hersend ons woorde, dan raak ons oë en ore hande, waarmee ons die Ewigheid aanraak.

View myrataal's Full Portfolio
saiom's picture

could you include an english translation
for those of us culturally deprived who speak
only 1 language

i had a past life in germany but don't remember
the language yet

thank you, mystic, for the beautiful words
you have expressed in english