WOORDE WIEGEND OP WATER

O Liefde jy skrywe jou woorde op water

wiegend in die holtes van stiltes

wat soos bakhande drywe

op die glinster van geheime



Die onverstaanbare dieptes van die gees

vertaal vir my jou waterverhaal

rustig, soos 'n wysgeër in selfgesprek

vind ek binne jou kabbeling my ankerplek



O hoe wag ek op jou stroomversnelling

waarbinne getoets word hierdie veerkrag

van verbeelding ...waar vervulling

vaartbelyn in jou draaikolk sal stort!








Author's Notes/Comments: 

Om lief te hê is om hoopvol in water te skrywe ...

View myrataal's Full Portfolio
tags:
. Donkerman's picture

Myra

Dit is pragtig!

Donkerman