ONTGINNING





Die heelal is ‘n allemintige lokaal

Wat ek soms soetjies bly betree

Met my twee oë … prismas

Vir die somerwarm son



Kom knipper glans uit opdrifsel en kluit

Laat die begeerte steenlae ontsluit

Koue materie kom met ‘n blote kyk

Tot lewe

Vergange ruimrommel word vonds:



Klippies word skitterend weer jaspis

Topaas smarag en ametis;

Die maan ‘n koelwit pêrel

Geketting teen die oggendstond



Die sterre rol ek in my hand:

Sorteer dit … soek die Diamant

Hier naby en dan weer daar ver

Vind in my hart die Môrester



Ek keer traag na die aarde terug …



Die grys skelet van die gestorwe Duif

Word weer in sy Witveer beklee

Om vry deur Melkweë te vlerk

Stuur saam met my die blou Saffier:



‘n Nuwe Hemelruim



En om my hart die kraalwerk

Van sy opgekropte

Koer




















Author's Notes/Comments: 

Vir DC Juweliers

View myrataal's Full Portfolio