[Ironie n.a.v. die vorming van "fancies" (gekleurde diamante) soos bv. Die Hope-diamant (ontdek 1669, Galconda, Indië), en die Tiffany-diamant (ontdek 1878, Kimberley, Suid-Afrika)]
Laat hierdie ongeslypte Steen
~ die kosmiese Juweel ~
Jou allermins verveel!
Vir staalblou Hoop
Of Tiffany se skel kanariegeel:
Voeg by 'n enkele atoom
Van stikstof, of van boor
(slegs) 1 miljoen koolstof-atome
~ of 100 duisend, as jy sou wou ~
Om so die suiwer Witkristal
Tot kleurrefleksies om te toor
Definieer hierna die vroulikheid
Van vuur tot ys:
Daar glim 'n goue lewensaar
Onmeetbaar in karaat
Die maan se silwer skittering
Onpeilbaar in sterling
Opwindend 'n eensaam
Hierdie reis:
Raad teen die naderende Koue:
Ver-gevange sterre
(god-ogig geset)
In songoue kloue
Hallo Jaco!
Sjoe, jy skryf so pragtig ... ons taal is lewend en ryk.
Ek weet waarlik nie wat hier gebeur het met hierdie gedig nie ... ek sal die stelsel moet omseil. Miskien moet ek dit weer skryf en sommer inplak en kyk wat gebeur ...
Liefde hier vanuit George
Myra
Voorstel as dit kom by leestekens (en Afrikaans het mos baie!):
kappie e = e^, bv. Ek le^ op my bed.
akuut e = e', bv. E'e'n van hart en siel.
gravis e = e`, bv. Gedoriewaar, ne`?
of so iets? Kan ons nie aan 'n standaard dink wat voorkom dat verwarrende blokkies die taal vir ander minder toeganklik maak nie.
Liefste Myra, soveel mense trag die kontraste van die lewe skilder, maar as jy die lewe tegelyk 'n opwindende EN eensame reis noem, slaak my siel 'n sug van genoegdoening: ek ken ten minste een ander vir wie die getye soms selfs om die sekonde wissel... Jy is so 'n vrygewige mens, laat my maar net 'n rukkie by jou kaggelvuur sit en na die vlammedans staar alvorens ek die eensame reis met my sak vol herinneringe voortsit.
Jaco Ackermann