PRONKERTJIE GESIGGIE KRISMISROOS







jy pluk vir my 'n sagpers blom

wat veerlig tuiskom

in my hand ...





(waarom word die pronkertjie

dan loodswaar

in my hart?)



'n plaat gesiggies dek die grond

in donkerperse

en pastel ...





(waarom is die botsel bont

se swart harte

dan o, so fel?)





ek soek vervaard

die krismisroos

se gretige gebed ...





(my siel weet egter

troosteloos

dat selfbedrog nie red ...)








Author's Notes/Comments: 

Die w�reld se blomme kan soms nie help om die Blom van die Hart te laat bloei nie ...

View myrataal's Full Portfolio