DAGDROOM







die riete roer:

'n syïge deurgly

van die siel



wat spoed jy, siel?



die pyn

het my uitgedryf



wat van jou nagelate lyf?



sy wag

en spruit tevrede

nuwe riete:

volkome droom- en klankdeurtrokke



wat is jou bedoeling, siel?



ek is geklee

met bundels lig:



ek skattejag

die Dag










Author's Notes/Comments: 

... waarheen het sieletjie so ver gereis?

View myrataal's Full Portfolio
tags:
Andre Kotze's picture

Baie mooi maar ek kan nie se hoekom nie. Dis 'n troos dat alhoewel ons gewone mense nie naby die digter se letterkundige, filosofiese en metafisiese vlak kan kom nie, die resultaat van haar werk mooi bly.