(vir Hannatjie)
... toe hou ons by die plaashek stil:
die denne ruis hul denneruis
maar word dan eensklaps stil -
asof te vra:
vanwaar, bekende vreemdeling?
asof te nooi:
voel stilweg tuis!
die wind het hoorbaar sku geword ...
en op die draad
'n nietige klein veertjieding
aandagtige stom enkeling
asof te vra:
kom jy hier raas?
asof te dwing:
hier praat ons sag!
so swyg jou plek my Stilte-toe (...)
die rifrug
en die labrador
het nie geblaf ...
... asof te sê: ek kan die eerbiedige Stilte hoor! Myra, miljoene woorde lê nog in stilte en wag vir jou. Verhef die woord en laat jou gedagtes voort vlieg, vir ons om in te deel. Woord-groete Org Naudé