SONSOENTJIE & REثNFEETJIE

(vir kosmoskindertjies)



SONSOENTJIE



Poppelyntjie   Myne-dyntjie

Feetjiefyntjie  Kind-katryntjie

Slaapgoud in jou droomkombersie

String 'n silwer sterre-versie



REثNFEETJIE



Kleine-sysie   Maanligmeisie

Sing 'n silwer sterligwysie

Wieg-wieg in jou hangmat-maantjie

Gryspatrysie ... weg die traantjie!




Author's Notes/Comments: 

Soms reën dit as die son skyn ...dan loer die sterretjies uit ...

View myrataal's Full Portfolio
Nicolette Van der Walt's picture

Myra

'n Baie mooi en tog sooo teer gediggies - pragtige beelde!
Nicolette

. Donkerman's picture

Myra Digkuns verwek uit swewende stof feëtjies wat dans op suiwer bane van goud! Dit is sooo mooi. Groetnis Donkerman

Andre Kotze's picture

Oulik! Laat my dink aan Philip De Vos se raakvat-rym!