STILTE IS STIL

stilte is stil

sonder see:



die see se stilte

sus en sus

met die magiese streel

van ou legendes

en die stilte sê: "sing"

en die stilte sê: "rus"



stilte is stil

sonder see:



die vlaktes se stilte

klink nie

die sagte sugte

van die Onbekende

word slegs verbeel

uit die swye van Niks



en die sterre sê: "kyk"

en die stilte sê: "stil"



en die reisiger luister

na Niks

Author's Notes/Comments: 

Tydens 'n reis deur die Karoo.

View myrataal's Full Portfolio
Polla Van Blommenstein's picture

Baie raak. Ek ry self baie deur die Karoo, en ek geniet elke keer hierdie "verlatenheid" en stilte.

. Donkerman's picture

Myra Ek het al baie myself probeer indink om 'n bokkie of 'n hasie te wees en daar op daardie vlaktes te woon... 'n Ver gedig. So nostalgies. Groetnis Donkerman