NEWELVLEK

As ons hiervandaan vertrek

verskyn ons dalk as newelvlek

in dieper dimensies van drome

onder die hand van die Kunstenaar

word sagte vlees verwerk

tot spore van edelmetaal

asemspel siklies teenwoordig

in die skaduwees van bome



skitterende Ligspiraal

selfbehaaglik vervaardig

Author's Notes/Comments: 

Ons skittering is slegs vuurvliegliggies in vergelyking met die offerglans van die Ewigheid.

View myrataal's Full Portfolio
tags:
. Donkerman's picture

Myra

Ag, dit is so mooi geskryf! Soms het ek ek gewonder - is ons die verlore siele wat in die "hel" leef? Ander dae wonder ek weer of ons nie maar klaar iewers ander plek geleef het, en nou in die "hemel" is nie?

Dankie
Donkerman