DAE SOOS ROSE

jy moes sekerlik half ongeduldig smeek

vir dié hartstogtelike geur

op sewe slanke stingels

(rose is skaars in hierdie streek)

die son skommel die kleur

kaleidoskopies teen die muur



ek raam die prentjie met my oë:



die dae wat ontknop    verwelk:

is kort van duur

ligstensils stapel uur nل skamel uur

geleidelik om 'n leë kelk



totdat jou karmosyne rose

my mure weer eens liefdevol beteken

bl‎ die kristalbelyning sing ...

wagtend op 'n geurige ingewing

Author's Notes/Comments: 

Rooi rose is skaars in die winter ...

View myrataal's Full Portfolio
saiom's picture

In this particular life I cannot read your language.. but your eyes shed much love for all