die blare wat moet val
word iewers grond
nou sleep die naakte takke
- eensaam soos verwarde winde -
hul skraal sjablone
oor die deurweekte aarde:
word bruin met bruin versoen
die koue lote sal
terugkrul in 'n krans
َm die wonde van verlore vlinders
totdat die dae - ingebinde
skakels van die midseisoen -
in september soepel
terugtas na die groen
tot dلn bly span
my reënsambreel
bly sif die wintervuur
sy as
en hang die grou gemis
daar waar die see
desember was
Hello Myra
'n Pragtige en nostalgiese gedig! Teen die agtergrond van Heroldsbaai word die kontraste in seisoene, see en gevoelens so kundig geskets - ek hou veral van die slotstrofe - die nostalgiese verlange na die "ander" Heroldsbaai in Desember. 'n Gedig nie net oor die seisoene van hierdie pragtige kusoord nie, maar oor die seisoene van die hart...!!
Suid-Kaapse groete
Nicolette