FEESNAG

snags



as stemme asems word vol slaap

en drome deur die dag

se dinge dring

tot by die wawydwakker hart

word tydelikheid opgeskort

en sterfling dans herskape

in die Goue Kring

Author's Notes/Comments: 

Ek slaap as ek wakker is... en is wakker as ek slaap ...

View myrataal's Full Portfolio
. Donkerman's picture

Myra Ja... Droom ons dan ook oop oë en probeer onthou van gister se drome... Sommer net 'n gedig wat my weer ver laat dink het. Soms wonder ek - is ons herinneringe ons hemel - of is dit ons hel? Groetnis Donkerman