OLIE VAN DIE LIEFDE

die olie van die liefde

onmiskenbaar suiwer

vloei deur die hart van die skepping

vanuit die vier streke en seisoene



geur en gevoel konvergeer

tot kollektiewe onderbewuste

sugtende:

"ek wil liefhê; hê my lief!"



omgewe deur die soelte van die ooste

se purper persië  papawers  en muskus

en die syagtige spinsel van die son

lê die Liefde  sluimerende Skone

in die hangmat van Vergetelheid



versigtig hoe jy aanraak!

watter liefkosing  watter smagting

watter ondertoon van watter verwagting

sal die Liefde van die Slaap losmaak?

Author's Notes/Comments: 

Vir Elè Amour Perfumery, George, Suid-Afrika, n.a.v. die parfume OPIUM

View myrataal's Full Portfolio
tags:
. Donkerman's picture

Myra Nog een van daardie gedigte wat mens weer en weer kom lees. Groetnis Donkerman