Vir Donkerman
julle swart voëls van die nag
kermend in mensgemaakte fakkels
swenk verskrik weg uit my slaap
vol van Ewigheid en Dag
Ek vind troos in sagter Glinster
van die Maan wat Son weerspieël
tussen Sterre kwint my hartseer
Harpmusiek uit suiwer Siel
Vir Donkerman skryf ek 'n nagdig
terwyl die grysheid wyk voor Lig
Myra Ja, ook ek skryf baie keer oor my pyn in gedigte (wat ek sommer rympies noem), maar daarin gee 'n mens stukkies van die pyn weg - ander dae gee ek weer stukkies van my siel vir ander in die hoop dat hulle ook sal deel in die lag in my oë. 'n Mooi gedig wat my weer Laurika Rauch se "Toemaar die Donkerman" laat uitkrap het - sy naam is sjuut sy naam is slaap meneer vergeet uit die land van vaak sy naam is toe maar hy heet, my lam toemaar, die donker man Baie dae hou die swart voëls ook vir my wakker wanneer ek saam met meneer vergeet wil wandel. Groetnis Donkerman