LAPPERLIEFIE

(vir Talita)



Vlindertjie tussen gevleueldes:

kerjakker veerlig, Lapperliefie!



nie grondraak nie, Ragvlerkies:

gly op die glinster

boontoe ... Bََntoe!



nie tuimel nie, Tinktinkie:

ligvoets luglangs

ligtoe ... Ligtoe!



flapper dieper, Lapperliefie!



nie omdraai nie, Sonsoentjie:

hartstogtelik sonlangs

harttoe ... Hلrttoe!

Author's Notes/Comments: 

My dogtertjie is 'n Sonsoentjie wat deur my lewe vlinder ...

View myrataal's Full Portfolio
tags:
. Donkerman's picture

Myra Ag is dit nie die mooiste gedig vir 'n dogtertjie nie, ma! Is gek daaroor! Groetnis Donkerman