Sonder jou...

Sonder jou

is ek niks meer as ‘n korreltjie sand in die Sahara woestyn..

Niks meer as ‘n sterretjie in die hemelruim.

Jy maak my gelukkig, jy maak my volmaak

Jy maak die lewe die moeite werd

Wat sou ek ooit kon doen sonder jou..



Ons het al saam gehuil, saam gelag

Saam geleer uit foute wat ons oor en oor maak.

Ons het al die pad beëindig en weer oor begin

Soveel kanse gegee

Tog bly dit elke keer nog die moeite werd



Niemand is perfek nie, dit het ek lankal besef

Maar baby jy’s so damn naby aan perfek dit maak my bang

Wat het ek gedoen om jou te verdien..

Iemand so oulik, so spesiaal

Ek wens jy kon jouself deur my oe sien..



Ek wil in jou arms le

Ek wil jou vashou en verseker weet dat jy verewig myne is

Ek wil jou nooit laat gaan nie

Net die gedagte dat ek jou kan verloor

Sit my in onbeskryflike pyn..



Ek het my foute, ek het my af dae

Ek het jou al so seer gemaak

En tog kom jy elke keer terug

Hoe verdra jy dit nog met my

Ek verstaan dit nie



Dis moeilik om te verduidelik

Ek dink ek weet hoe jy voel

Jou ma, jou pa, jou vriende.. die wereld

Niemand sal verstaan nie

Die gevoelens, die emosies..



Soveel woorde, so min tyd

Wie weet wanneer dit gaan begin, wanneer dit gaan eindig

Ek wil alles met jou deel..my lewe, my hart

Ek weet nie hoe om in woorde te beskryf

Hoe erg ek jou liefhet nie..

View sulani's Full Portfolio
tags:
Afzal Shauq's picture

let me say again and again the same words from the core of my heart that..love the logics expressed in this poem with a good idea.. I went through few of your poems and loved them too..you are good poetess/writer and hope you never stop writing and add more poems.. this poem is good and love it..hope you like my poems too.. and let me know if they also touch your heart.. I am basically a peace wisher poet with 6 books published... I am a peace dreamer, love-based peace promoter... hope you be with me... let me share here one of my own famous say with you... ( a friendly smile is the best weapon of war to fight with..afzal shauq