Invitation/Uitnodiging

Invitation



oh dear little leaf

will you Fall with me?

let's make a world

of memory ...



myra

27.03.2004



Uitnodiging

(Afrikaans)



o liefste bladertjie

sal jy Herfs met my?

kom ons skep 'n aardetjie

waar onthou gedy ...



myra

27.03.2004



(Dutch)



Oh liefste bladertje

zal je herfst met mij?

laat we een wereld maken

van herinneringen



mari

27.03.2004



~~~~~~~~~~~~~~~~



Within a Wink of an Eye



why would I leave these words

to stray towards Oblivion?

crippled by time

Love tries to fly

with memories of wings



whistle

all starry whispers -

fling the sound

into space!



Heaven is awaiting

its return -



the beginning

of a new Sentence



myra

27.03.2004





Binne 'n Oogwink



waarom sal ek hierdie woorde los

om na Vergetelheid te dros?

gestrem deur tyd

probeer Liefde vlieg

met onthou se vlerke



fluit

alle ster-fluisteringe -

werp die geluid

die ruimte in!



die Hemele wag

op die terugkeer -



die begin

van die nuwe Sin ...



myra

27.03.2004





~~~~~~~



His Songs on Her Fingertips



his poetry stirred in her

the fragrance of the Garden -

that Eden First



purer it cannot get:

than the Eye of God

the I of God

the Aye of God ...



she delighted

in nothingness:



to become lesser

and

lesser -

stripped to the idea

in the predestined Mind



"So God created man in his own image,

in the image of God he created him;

male and female he created them."



to be the unuttered word

safely within the Word

shielded within the Holy Heart

stringed within songs of stars:



God in male in female in God



she wiped away her tears

upon her fingertips

flowers blossomed

within Living water



and she lifted her lilied hands

to the Heavens

and Music flooded

the skies



myra

27.03.2004



Sy Sange op Haar Vingerpunte



sy gedigte roer in haar

die geur van die Tuin -

daardie Eerste Eden





suiwerder kan dit nie kom nie:

die Oog van God

die Ek van God

die Ja van God



sy kon haar verbly

in die niks:



om minder

en

minder te word -

gestroop tot die idee

in die voorbeskikte Gedagte



"En God het die mens geskape na sy beeld

na die beeld van God het hy hom geskape

man en vrou het Hy hulle geskape"



om die onuitgesproke woord te wees

geborge binne die Woord

beskermd binne die Heilige Hart

gestring binne sange van sterre:



God in man in vrou in God



met die wegvee van haar trane

bloei daar blomme

op haar vingerpunte

in Lewende Water



en sy lig haar lelie-hande

na die Hemele

en Musiek oorvloei

die uitspansel



myra

27.03.2004

Author's Notes/Comments: 

An Autumn Collection ...

View myrataal's Full Portfolio