die oneindige eersteling:
Onskuld
die nog-skone-kind:
sorgvry
die nog-nie-ontluikende:
dromend
Bloeisel:
bergnimfie
betَwerend
béلْ-ti-vol!
die prettige Parissima:
nog net 'n soete vermoede
van verleiding
nog net 'n vlugtige voorloper
van die Liefde
nog net 'n vae voorgevoel
van verwonding
die vlekkelose eersteling:
Onskuld