DONKERMAN SE LIG

Duisternis in jou naam gedra

- slaap se geheime sleutels -

stuit nie hierdie kind van ra

wat weerspieël vir haar lig kom vra



Die donker dring deur alle lig

kring om verlore drome

Beskerm pyn teen blinde sig

my hart roep hoopvol na begrip



Ek kon my aan die sagte swart

oorgee: dat donker my oordek

maar so verduister ook my hart

word elke vergesig verward



Ek - sonvrou - wou van jou ontvlug

het my teen jou verset

maar Donkerman in jou gedig

ontdek ek ... suiwer Lig








Author's Notes/Comments: 

Vir my welbekende onbekende digtervriend ... Donkerman, met die lig in sy gedig ...

View myrataal's Full Portfolio