GEBEDSNOER

jou naam het uit my snoer geglip

nou tas my vingers pynlik

oor die leë plek

haak my geheue aan die hobbel

in die oorgehegte string:

aan die verspilde streel



dalk sal ek eendag weer

gedagteloos

jou kraal hanteer

Author's Notes/Comments: 

Verlore vriendskap

View myrataal's Full Portfolio
tags: