IN TRANSITO

(altijd dit leege hart, altijd - j.c. bloem)





een-een het my dae verhuis

afskeid

is my adres



leë persele bly agter

wat die son huisves

in sy siftende soeke

deur skoon vertrekke

en oor koue mure



ook die deursigtige

voëls van stilte

speurend na stemme



o Heer u bloed bly

aan my deurkosyn

U vergiffenis suis

deur my huis

U vleuels bied skuilte

vir my geliefdes



troos nou my hart

altyd

my leë hart




Author's Notes/Comments: 

... na verhuising ...

View myrataal's Full Portfolio