SY STAP OOR HEUWELS

(vir talita)





sy stap oor heuwels

die madeliefie-mooie

die kindmeisie meisiekind:

sal sy die roete terug kan vind?



sy pluk die geure

gesiggies en rankrosies

die kleintjie viooltjievrou:

sal sy die ruikerreuk onthou?



sy slaap in klowe

die sonskuwe sterretjie

die tere tjienkerientjee:

sal sy haar dagdrome ontvou?

Author's Notes/Comments: 

vir my dogtertjie ...

View myrataal's Full Portfolio
tags: