HAIKOE: SKEPPING

dié wasige wees:

vegies deur die Veertjiekwas

van die Blou Verskiet



die vérgrys berge

kom kano hier in die meer

nader-verlange



sonsak-sonate

drie bewegings vervloei

rondo tot donker



Mendelssohn se see

volvoer 'n overture

die son toondig saam



skouspel se naspel

skemer stamel 'n grys groet

dan is dit donker



growwe swart rotse

fyn geglasuur tot ougoud

die sonsak-uur



newelvlek-feesnag

in dieper droomdimensies

ligspatsel-netwerk



kant ragfyn geklos

die son filtreer deur blare

patroonwerk teen klip



spikkels teen die hang

boomste boomtakke teken

fyn feetjie-vlerke



laag-vir-laag gegrif

versteen Leef se kleurreste

jubelkreet in klip




Author's Notes/Comments: 

Die skepping word met veerlig kwas-hale geverf...

View myrataal's Full Portfolio