OM N NARTJIE TE SKIL

(vir Emilé met die pragtige hande)





om 'n nartjie te skil

met die vlugtigse fluite van vingers

om jou dors te les

en jou honger te stil

met die goue wyn en skywe sonskyn



om jou lippe te streel

met die teer strykstok

van 'n glimlag

om jou donker oë te troos

met iets virtuoos:



'n gedig vol brose nanag

en 'n oggend vol lig ...



en 'n swerm vertrekkende voëls

teen geel kwetter gewig

Author's Notes/Comments: 

Vir 'n briljante musikant...wat tydens 'n repetisie 'n nartjie eet.

View myrataal's Full Portfolio