sy eien hom ~ haar Bacchus ~
sy is geskilder in sy oog
sy wynrooi hare word versier
met wingerdblare en lourier
hللr kroon gooi hy terstond omhoog
dat dit 'n konstellasie boog
en sy Onsterflikheid verkry
sy skryf haar pyn ragfyn
rondom die vol bokaal
sodat die spinsel lispelend
sy goedbeleë naam vertaal:
Dionysos!
sy het haar aan jou toevertrou
laat slaap haar nou in Liefde se Vallei
met druiwe in haar hare
en fluister as jy praat ~
benewelend:
"Ariadne ...Ariadne ..."