(vir Leonora)
vanoggend was jou oë pers:
die diep violet so effens troebel
soos 'n vers in herfs
deurdrenk van heimwee
én van 'n gedweë oorgee
jy raak so stil verlore in my woorde,
dat ook die letters op die bladsy swyg.
ek kyk en kyk
- vergeet half dat die sluiter sluit -
opnuut gefassineer deur hierdie oog
se eerlikheid
as ek uiteindelik die foto
deegliker beskou,
word ek ineens so diep ontroer
oor لl die pers wat blitssnel
voor Sy oog ontvou ...