VERSVARIANTE VAN PERS

my uitgangspunt is pers getint



ligroos lila blou en pers:

variante van dieselfde vers ...

ontwortel van die tyd se gang

en in verlang se gerf gevang



die hemel van die maagdeblom

of dahlia se pers pompom

blou beurtspel van die bosliefie

koringblom en pronkertjie



die hiasint ontvou sy string

heliotroop se pers skakering sing

oor my heimwee se bont afgrond:



my uitgangspunt is pers getint ...

Author's Notes/Comments: 

... selfs 'n roos word soms maar broos; verander dan in 'n bosliefie ...

View myrataal's Full Portfolio
tags: