water

jou sout-soet groet

en koel omhelsing

bring meteens verligting

ná die waan en wilde storms



jou uitgestrekte wit arms

is tot oorlopens toe vol

met die belofte van rus

waarna ek al 'n ewigheid smag



jou groen-blou oë

verpletter my skanse

en sien die seer

waar geen ander kon kyk nie



jou kalm sprokieswêreld

is die poort

na die hier onbereikbare

terugkeer na kindwees



jy sus my aan die slaap

voor ek in 'n paniekbevange oomblik

kan dink aan die spoke

van gister

Author's Notes/Comments: 

Ingrid Jonker:  Net jy ken die volle verhaal en dalk nie eens nie...

View roosblaar_drinkwater's Full Portfolio